Welkom by Wippie en Snippie

Kleuterskool Webblad

Kinders is vir ons baie belangrik en daarom stel ons hul belange altyd eerste.  Godsdiens is vir ons baie belangrik.  Ons beskik oor ‘n goed toegeruste en boomryke speelplek.

Who we are?

Visie

 

  1. Streef Christelike waardes na
  2. Plaas kinders se belange eerste
  3. Goeie kommunikasie en ouerbetrokkenheid

 

Missie

Om deurentyd hoë standaarde te handhaaf en die beste dagsorg en skoolgereedheid aan kleuters te bied in ‘n veilige omgewing. Om elke kind veilig en geborge te laat voel, beide emosioneel en fisies deur vir hulle ‘n huis weg van die huis te skep. Om kinders te lei om eendag intelligente, verantwoordelike, liefdevolle, hardwerkende en onafhanklike mense te wees.

Eienaarskap

Die kleuterskool is gestig in 2000 en word sedert 2004 bedryf vanaf die huidige perseel deur Coreen Albertyn ‘n ervare onderwyseres wat daagliks by die skool betrokke is en self ‘n klas aanbied.

Ouderdomme

 

Beertjies

Babas vanaf 2 maande tot 24 maande

 

Mickey mouse klas

Kleuters wat 2 jaar oud is.

 

Pooh Bear klas

Kleuters 3 tot 4 jarige ouderdom.

 

Bambie klas

Kleuters wat 5 jaar oud is.

 

Barnyard

Graad R

 

Nasorg

Nasorg vir kleuters tot en met graad 7 word ook by
Wippie en Snippie aangebied.

 

Tye

Maandae tot Vrydae

6:30 tot 17:30
 

Wippie en Snippie is regdeur die jaar oop, behalwe publieke vakansiedae en in Desember vir plus minus 10 dae gedurende Kersfees en Nuwejaar. Tye is Maandae tot Vrydae vanaf 6:30 tot 17:30.

 

Personeel

gekwalifiseerde leerkragte
 

Ons strewe na hoë standaarde, dus word slegs gekwalifiseerde leerkragte vir kleuterafdeling en bekwame en ervare personeel vir die baba-afdeling aangestel. Ervare assistente staan ook personeel in klasse by. Kombuispersoneel berei onder leiding van die eienaar gebalenseerde etes en verversings voor volgens ‘n opgestelde spyskaart.

 

Program / Aktiwiteite / Fooie

Wippie en Snippie bied aan.

Dagsorgprogram

Die opvoedkundige program wat vir die oggend gevolg word, is gebaseer op die Nasionale Kurikulum wat tans in skole gebruik word. Taal-en wiskundige ontwikkeling, perseptuele vaardighede asook groot- en fynmotoriese ontwikkeling geniet ook aandag in die dagprogram. Ons volg ‘n geselekteerde tema elke week wat voorsiening maak vir speletjies en aktiwiteite wat verband hou met temas.

Buitemuurse Aktiwiteite

 

Fooie

Voldag 6:30 – 17:30 R2200-00
Halfdag met ete 6:30 – 13:00 R1500-00
Nasorg 13:00 – 17:30 R1200-00


Maandelikse gelde betaalbaar voor die 7de van elke maand. Gelde is streng vooruitbetaalbaar.

Please do not hesitate to contact us should you require more information with regards to our educational program, activities and fees.

About 28 mins ago